Motorvervaardigers soek steeds na ‘n goedkoop energiebron met lae emissievlakke. Waterstof lyk soos ‘n oplossing, maar die proses om waterstof uit water te skei is nie baie omgewingsvriendelik nie. Navorsers by die Universiteit van Ohio meen hulle het die oplossing – urine. Volgens die wetenskaplikes word waterstof makliker verkry uit urine as uit gewone water.
