Sarah het saam met haar skeefgetrapte pantoffels in die vullisdrom beland. Sy is vreeslik voorstedelik. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man sy middeljaarkrisis beleef, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan.
Met haar wankelende selfvertroue en versmorende skuldgevoelens moet Sarah Marius Malan met hulle reünie op Doringbaai weer in die oë kyk. Sý het hom destyds byna vernietig met die bespiegelinge wat sy ná Gertruida se dood aangeblaas het.
Aspoesterskoene is ‘n produk van Kristel Loots se verbeelding.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

