Iets vrot in die Vrystaat

Die Sowetan berig dat stakende munisipale werkers gister riool gestort het op die trappe van die munisipaliteit in Bloemfontein.

Dit wil voorkom asof die werkers rede het vir hul ongelukkigheid met die Mangaung munisipaliteit wat vrot van binne. Die munisipale bestuurder, Sandile Msibi, word onder andere van nepotisme beskuldig. Daar is glo onlangs ’n finansiële bestuurder aangestel wat net graad 12 het, maar ’n salaris van R1,4 miljoen per jaar verdien.

Dit is nie die eerste keer dat hierdie munisipaliteit in die nuus is vir belaglike salarisse nie. Kyk gerus na die skakels vir verwante artikels hier onder.

Dit gee nuwe betekenis aan David Kramer se woorde:

“Bloemfontein, Bloemfontein / it’s the kakest place I’ve ever seen”

Sandile Msibi
Sandile Msibi

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar