In tronk oor seks met baas

‘n Suid-Afrikaanse vrou sit in ‘n tronk in die Verenigde Arabiese Emirate, nadat die hof beslis het sy het seks gehad met haar getroude baas.

The Times berig dat die 22-jarige Roxanne Hillier, ‘n duikinstrukteur, en haar 41-jarige werkgewer by die duiksentrum in hegtenis geneem is. Hulle is beide na ‘n hospitaal geneem vir ‘n mediese ondersoek. Volgens hospitaalrekords in die koerant se besit is daar geen tekens van seksuele omgang gevind by een van die twee nie.

In die Verenigde Arabiese Emirate is dit onwettig vir ‘n ongetroude vrou om alleen in ‘n openbare plek saam met ‘n getroude man te wees.

Volgens Ishwar Mahadeo van die Suid-Afrikaanse konsulaat in die land het Hillier se werkgewer skuldig gepleit op die aanklagte en sy onskuldig.

Roxanne HillierRoxanne Hillier se Facebook-profiel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply