Karin Eloff is ’n Boeremeisie met ’n honneursgraad in sielkunde en ’n Dopper-agtergrond.
Haar pad lê besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms.
Stiletto vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het. Dit raak pertinente kwelvrae oor ons samelewing aan – oor mans, oor vroue, oor seks, oor liefde en oor wie die delers en die stelers is.
Stiletto draai nie doekies om oor die skadubestaan van die sekswerker nie.
Karin Eloff is ’n voormalige werker in die volwasse vermaakindustrie. Sy werk tans as joernalis by die weeklikse koerant Sondag en woon in Johannesburg.
Mede-skrywer Carel F. Cronjé is ’n musikant, joernalis en skrywer van onder andere Sonja Herholdt se biografie.
Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Jou boek is ‘n aanstoot vir die Afrikanerman. Jy wat self Afrikaans is, moet dalk eers jou issues uitsorteer voordat jy hulle so beledig. Wat jy skryf, is dalk waar maar net so het elke kultuur sy slegte en goeie eienskappe. Ek was met ‘n Engelse en Aafrikaanse man getroud en glo my, by elkeen is daar unieke (goeie en slegte) eienskappe. Jy gee die duiwel baie tou met hierdie boek – hopelik sal hy homself daarmee ophang.