Volgens Fifa het sowat 1.5 miljoen sokkergeesdriftiges sover die 10 jolkolle (Fan Fests) in Suid-Afrika besoek gedurende die wêreldbeker.
Durban het die meeste besoekers gehad met 375 000, gevolg deur Kaapstad met 304581, Port Elizabeth met 146 974 en Sandton met 133 326.
Die gewildste wedstryd by die jolkolle was die een tussen Suid-Afrika en Mexiko, 303 671 mense was toe by die jolkolle. Die wedstryd tussen Portugal en Brasilië was ook gewild; ongeveer 130 000 mense het dit by die jolkolle gekyk.
(foto Axel Bührmann)