Johan Rossouw het onlangs geskryf oor die Afrikaner debat: “Opmerklik in die debat is egter die afwesigheid van die gesprek tussen die jonger en ouer generasies … Weens die abnormale situasie waarin die Afrikaner gemeenskap hom na die val van apartheid bevind, kan die jonger en ouer generasies egter in ´n meer produktiewe verhouding staan as wat gewoonlik die geval is …”
Seder val leef ons wel in tye van verandering. Reeds voor die val het die Koos Kombuis-generasie gewys dat Afrikaans en die Afrikaner kan dans. Ongelukkig probeer ´n spul ou toppies van weleer nog steeds die tune bepaal. Daar is nog steeds ´n klomp mense wat ´n paternalistiese houding handhaaf, die keer net onder ´n meer sinister vaandel. Pogings word nog steeds aangewend om jong energie te versmoor, alles in die naam van die sosiale beeld van Afrikaans en die Afrikaner.
Die stryd lê nog steeds voor vir Afrikaans om los te breuk van die teuels en werklik roekeloos te raak.
Aluta Continua
