Jou huishulp moet nou meer betaal word

Die departement van arbeid in Suid-Afrika het gister aangekondig dat die minimum lone vir huiswerkers nou verhoog is met sewe persent vanaf 1 Desember.

Huiswerkers wat meer as 27 uur ‘n week werk in stedelike gebiede moet minimum R7,40 per uur betaal word, R1442,86 per maand.

Die lone in landelike areas is na R6,11 per uur verhoog.

Lewer kommentaar

Leave a Reply