Meeste van ons is gelukkig om naby ‘n park te woon. Die regering verstaan die waarde van ‘n groen omgewing. En natuurlik, indien die mense weet dat die regering hulle voorsien van baie parke en bome is hulle seker van ‘n paar ekstra stemme met die volgende verkiesing.
Van die mooiste parke is natuurlike areas, ongerep met baie inheemse bome en plante. Die Tuine in Kaapstad bied welkome verligting teen die stadsgedruis, en dit in die middestad.
En dan is daar die wêreldbekende tuine, soos die Butchart Gardens in Victoria, British Columbia, die Royal Botanic Gardens in Kew, Engeland en natuurlik Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad. Hierdie vertonings van blomme slaan letterlik jou asem weg so mooi is dit.
Maar jy hoef nie ‘n wêreldreisiger te word om ‘n tuin te vind wat jou asem wegslaan nie. Skep jou eie parkie – jou plekkie vir die sonnige dae, kompleet met skadubome. Jy kan die beste park in jou agterplaas skep.
Hoekom besoek ons parke? Meeste van ons sal antwoord dat ons na parke gaan om te ontspan. Dink aan die gerusstellende gevoel wanner jy by ‘n stil woud instap, met die sagte grond onder jou voete en die soet reuk van ou hout in jou neus. Of dalk hou jy van blomme – rose, asters, tulpe of dalk orgidieë. Sulke tuine is beslis plekke wat ons wegvoer van ons daaglikse bestaan na iets wat voel soos ‘n ander wêreld. Hierdie is tuine wat uitgelê is met allerhande versierings, beelde, brûe, fonteine en alles wat uitroep na jou en sê “Kom, sit, ontspan en geniet die wonder van die natuur.” Wie kan nee sê?
Maar jy hoef nie die huis te verlaat hiervoor nie. Stap net uit in jou agterplaas. Daar is geen rede hoekom jy nie ‘n tuin van jou eie kan skep nie, een net so goed soos die wat deur toeriste besoek word.
Indien jy voel dat jy nie kreatief genoeg is nie is daar genoeg landskapargitekte wat jou van professionele hulp kan voorsien. Hulle sal na jou erf kom kyk en vir jou ‘n paar alternatiewe voorstelle maak van hoe jou tuin die mooiste in die buurt kan wees – of selfs die stad. Landskapargitekte is professionele persone. Hulle kan die ontwerp en bou van ‘n nuwe tuin behartig. Maar of jy nou iemand huur en of jy dit self doen, die moontlikhede is eindeloos. Daar is letterlik honderde maniere waarop jy jou tuin kan verfraai. Begin sommer met ‘n selfversierde posbus voor jou huis.
Indien jy ‘n wonderlike idee soek vir jou tuin moet jy net terugsit, jou oë toemaak en jou verbeelding vrye teels gee. Stel jou voor jy sit op jou stoep met die klank van vloeiende water van jou fontein in jou ore. Jy staan op en loop oor jou bruggie jou tuin in. Jy stop om na die rose te kyk wat teen die muur uitrank, of stop om jou angeliere te bewonder en een te pluk vir jou kombuistafel.
Wat ‘n wonderlike gevoel is dit nie. En dit kan elkeen van ons doen. Daan aan ander moontlikhede. Jy kan standbeelde plaas by die ingang na jou tuin. Dit lok mense outomaties na jou tuin. Jy kan naambordjies opsit vir die meer eksotiese bewoners van jou tuin.
Een van die mees populêre items in die hedendaagse tuin is ‘n dammetjie. Daar is ook ‘n verskeidenheid visse beskikbaar vir hierdie damme, afhangende van die grootte. Jy kan waterlelies en ‘n rits ander plante in ‘n dam plant. Jy kan selfs jou fontein reg in die middel van jou dam maak. Daar is niks soos die geluid van lopende water in ‘n tuin nie. Dit neem jou weg van alles.
Die funksionele aspek van jou tuin kan ook esteties aanskoulik wees. Jy kan die pype van jou besproeingstelsel wat uitstaan versier met sintetiese perdebye of skoenlappers. Tuinstrukture hoef ook nie groot en lelik te wees nie. Die huise waarin jy al jou gereedskap hou kan opgetooi word om meer te lyk soos ‘n gastehuis, of laat ‘n rankplant daaroor klim.
Jy kan skeppend werk met die strukture wat skadu moet gee. Skep plek waar mense kan rus in jou tuin. Bankies is natuurlik belangrik, maar so ook skadu. Daar is ‘n verskeidenheid produkte op die mark wat jy kan gebruik. Maak seker dat die produk wat jy kies pas by die algemene tema van jou tuin.
En wat van ‘n houtdek om die tuin aan jou huis vas te maak. Maak seker jy het voldoende skadu en sitplek op jou dek en maak seker dit pas by die res van jou huis.
Hoe lyk jou prentjie? Mens kan nogal ‘n mooi prentjie met jou gedagtes optower. Dit hoef natuurlik nie net ‘n gedagtebeeld te bly nie. Jy kan dit enige tyd in realiteit omskep. Besoek een van die groot kwekerye naby jou vir inspirasie en die mense daar staan gewoonlik gereed met gratis raad vir enige probleem.
Wanneer jy jou tuin ontwikkel is dit belangrik om kreatief te wees. Dink aan ‘n paar unieke idees wat jou persoonlikheid in jou tuin sal laat weerspieël. Dupliseer jou persoonlikheid in jou tuin.
skrywer: Melissa Cameron
Oor die skrywer:
Melissa Cameron is ‘n suksesvolle skrywer met goeie idees oor hoe verbruikers hulle sente kan omdraai en hul gesonde verstand kan gebruik om geld te bespaar. Sy spesialiseer in die aankoop van matte en opblaas kajakke. Haar artikels bied kosbare insig en sy draai nie doekies om oor moeilike onderwerpe nie.
Hi Daar,
Ek sal graag advise wil he, of dalk n rubriek op die blog rakende die beste manier om n woud te “establish” in jou tuin.
Ons het n massiewe erf wat baie swak benut is en wil graag n tipe woud vestig waaronder mens kan sit en wat mooi sal lyk.
Ons oorweeg die volgende twee opsies:
· Wit karee
· Wit berk
Soek bome wat vinnig groei en mooi skaduwee maak.
Ons probleme:
· Watter tipe bome?
· Hoe ver plant ons hulle uitmekaar uit?
· Hoeveel bome vir watter area?
· Wat mens voor moet uitkyk?
Ons woon in Pretoria dus dink ek nie weer sal n belangrike rol speel in die tipe boom nie.
Groete