
Hoe groter hoe beter wanneer dit by ‘n koi-dam kom. Temperaatuurwisselings kom voor in klein poele, wat veroorsaak dat die visse nie lekker groot word nie. Die dam moet ook gedeeltelik in die skadu wees, of jy moet waterplante hê. Te veel son laat die visse se kleur verbleik.
Hoe groter die dam is waarin hulle woon hoe gesonder sal jou koivisse wees.
Mens kan jou koivisse doodvoer. Moet nooit meer kos gee as wat die verpakking aandui nie. ‘n Koi van 15cm moet vier keer per dag kos kry, 5 korreltjies op ‘n slag.
