Julius Malema is toegang tot die Thembu-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, se paleis in Bumbane in die Oos-Kaap, geweier, het ‘n koerant berig.
Phumla Matshaya, woordvoerder vir die koning, het aan die koerant gesê Dalindyebo sal nie Malema ontvang nie, aangesien “Bambane nie ‘n oorlogsveld is om teen goedkoop politiek te veg nie.”
