Kaalgat met ABSA

Die van julle wat die 31ste Augustus jou banksake wou doen by ABSA deur die internet het ´n onverwagse meevallertjie/skok gekry. ABSA se tuisblad was vervang met ´n pornografie werf. Volgens M-Web was die bloot ´n foutjie wat tydens ´n netwerkoorskakeling ingesluip het en was niemand daarvoor verantwoordelik nie.

Ga! Is dit die eerste keer dat so iets met ABSA en ander M-Web-kliënte gebeur? Word die tuisblaaie nie elke keer met pornografie-blaaie vervang nie? Is daar nie dalkies crackers hiervoor verantwoordelik nie, en M-Web te skaam om dit te erken nie? Ons almal glo natuurlik enige ou sprokie. Ga!

Lewer kommentaar

Leave a Reply