Zuma in die toilet

Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Zuma, het soms in die toilet weggekruip op pad vanaf Tripoli saam met Callie en Monique Strydom.

Op elke lughawe waar geland is oppad terug moes die vliegtuig eers met insekdoders bespuit word om te keer dat die nare goggas saamvlieg na sonnige Suid-Afrika. Tydens die spuitsessies het die minister in die toilet geskuil. Volgens joernaliste het Zuma selfs op een so ´n geleentheid geskerts dat die ouens wat die spuitwerk doen “failed to get the biggest bug”.

Lewer kommentaar

Leave a Reply