Olimpiese Kondome

Donderdag-middag, 14 September, skakel Darren Scott, van Radio 5, vir Graham Joffe, oud-sportman, in sy hotel in Sydney, Australië. Dit was glo in die vroeë oggend-ure in Australië.

Luisteraars kan hoor Scott vir die ontvangs vra om hom deur te skakel na Mnr. Joffe se kamer. Die eerste stem wat kort daarna antwoord gee is ´n vroulike stem en die telefoon gaan onmiddelik dood as die mense in die ateljee uitbars van die lag.

Ons weet nou nog nie of dit ´n ge-orkestreerde grap was en of Mnr. Joffe sy tydjie in Australië op elke moontlike wyse geniet nie, maar die Olimpiese organiseerders is heeltemal voorbereid op hierdie tipe gedrag. Elke atleet wat die land binnekom word toegerus met presies 58 kondome. Hoekom 58? Volgens die organiseerders is dit blykbaar die hoeveelheid wat hulle daar sal nodig hê.

Lewer kommentaar

Leave a Reply