Kamma-Kamma

Hierdie solo-uitstalling deur Jacolene de Haan is ‘n kombinasie van potloodsketse en skilderye. De Haan het reeds ‘n hele paar solo-uitstallings agter haar naam sedert haar terugkeer uit Nederland waar sy dertien jaar gewoon het. Terug in Suid-Afrika druk sy haar stempel af deur oomblikke uit die teater en vermaak met gevoel vas te vang. Die werke uit hierdie versameling is almal geinspireer deur kunstenaars, die teater en die sirkus.

Kamma-Kamma is by die Breytenbach Sentrum in Wellington vanaf 24 Junie tot 13 Julie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply