Kind potblou geslaan by kleuterskool

‘n Kleuter is glo potblou geslaan by ‘n spogkleuterskool in Scottsville, Pietermaritzburg, berig The Witness.

Die 15 maande oud kind se ma, ‘n prokureur, het in Mei agtergekom haar kind word mishandel toe sy verskeie kneusplekke op haar kind se boude en bobene gesien het.

Daar is aan haar gesê ‘n werknemer het die kind geslaan.

Bewerings word ook gemaak dat werknemers vrugtesout in die kinders se monde sit.

Die polisie het bevestig dat hulle die beweerde mishandeling ondersoek.

Kind glo potblou geslaan by spogkleuterskool

Lewer kommentaar

Leave a Reply