Net oorkant die Vaalrivier naby Parys lê die aardbol se grootste meteoriet krater. Dit was ’n stuk rots van omtrent Tafelberg se grootte wat die aarde 2023 miljoen jaar gelede op daardie plek ingeploeg het met ’n krag wat die hele planeet laat skud het.

Só erg was die impak dat 70 kubieke kilometer rots en al wat leef en beef in daardie area net verdamp het weens die geweldige hitte. Die botsing het ons planeet se aangesig vir ewig verander en ’n krater gemaak wat sowat 300 km wyd is.

Die krater self het lankal verdwyn weens verwering en al wat ons vandag nog kan sien is die Vredefortkoepel, die opstoting van die aardkors wat weens die impak in die middel plaasgevind het. Die area is vandag ’n Wêrelderfenisgebied.

Die Vredefortkoepel is vandag die tuiste van 100 plantspesies, 70 skoenlapperspesies en 300 soorte voëls.

Met die slag is van die area se goud ook darem toegegooi en bewaar sodat ons dit eendag kon myn.

Lewer kommentaar

Leave a Reply