Edgars se 4,2 miljoen rekeninghouers sal eersdaags aankope kan doen met hul selfone. Foschini, met 2,9 miljoen rekeninghouers, neem ook binnekort die stelsel in gebruik.
Volgens Retail Mobile Credit Specialists, die eienaars van die stelsel, sal 65% van alle Suid-Afrikaners binne die volgende twee jaar aankope per selfoon doen.
