Vyf waens na San Pedro

 

Zak Marais – aantreklike, legendariese beroepsjagter met ’n afdraande reputasie, ’n groot skuldlas en ’n verlede vol skimme.

Alvaro Duarto Gomez – oudkaptein in die Portugese leër en streeksoffisier in Angola – wat met gierigheid en wreedheid ’n skrikbewind rondom die fort in San Pedro voer.

Elize Foxcroft – kameebeeldskone Engelse lady met hardkoppige deursettingsvermoë, vreeslose oortuiging en net een doelwit: om met Zak Marais se hulp haar skatryk vader uit Alvaro Gomez se kloue te red.

Plaas dié karakters in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes, voeg oproerige Ovambo’s, ’n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie – en die toneel is ingerig vir ’n verhaal vol intrige, aksie en ’n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel.

Vyf waens na San Pedro(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

7 Desember 2009

 

Lewer kommentaar

Leave a Reply