Ons oorweeg ‘n nuwe aanstelling by Roekeloos.co.za in 2010.
Voornemende kandidate moet matriek suksesvol geslaag het in 2009 (ten minste beter as Julius Malema se matric results). Jou Afrikaanse punt is veral van belang: dit moet beter wees as ‘n E vir Afrikaans as Tweede Taal.
Jy moet oor ‘n uitstekende sin vir humor beskik. Indien mense gereeld na jou as siek verwys sal dit beslis in jou guns tel.
Let Wel: Betaling vir hierdie pos is uiters wisselvallig en geskied meesal in die vorm van bier.
Aansoekers moet die volgende toetsie voltooi en stuur aan bydraes by roekeloos.co.za:
Vraag 1
Hoekom word (ronde) pizzas in vierkantige dose verpak? (Hierdie vraag bevat geen verwysing na Julius Malema nie.)
Vraag 2
Hoe vinnig moet ‘n zebra hardloop voor hy grys lyk?
Vraag 3
Hoekom is “afkorting” so ‘n lang woord?
Vraag 4
Hoekom het die woord “lispel” ‘n “s” in?
Vraag 5
Wie luister na Jurie Els se musiek?
PS Diegene wat ‘n D simbool of beter vir Sepedi ontvang het kan gerus hul CV stuur aan die ANC Jeugliga of enige ander organisasie wat op soek is na nuwe leierskap.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
