Leerders uit skool gesit oor Moslem-drag

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ondersoek die saak van twee kinders wat uit ‘n skool in Kraaifontein, Kaapstad geskop is oor hul tradisionele Moslem-drag.

Sakeenah Dramat (16) en haar broer, Bilaal (13), is verlede week op die eerste skooldag deur onderwysers by die Hoërskool Eben Dönges in onderskeidelik gevra om hul serp en fes te verwyder.

Dit is glo teen die skool se beleid vir kinders om die kopdrag te dra. Ingevolge die riglyne oor nasionale skooluniforms moet skole geloof- en kulturele diversiteit in ag neem.

Die kinders het intussen ses skooldae gemis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply