Die owerhede in Nairobi, Kenia, het gister bekend gemaak dat leeus in die land bedreig word en binne die volgende 20 jaar kan verdwyn. Die leeubevolking in die land het gedaal vanaf 2 749 in 2002 tot net 2 000 in 2009.
Verskeie faktore dra by tot die daling in die roofdier se getalle. Plaaslike boere maak jag op die diere wat soms vee vang, klimaatsverandering veroorsaak droogte wat getalle laat daal, die woongebied van die leeus krimp weens oorbevolking in Kenia en siektes maai onder die leeus.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
