Lewe op Mars

Nasa het in ‘n persverklaring in Washington bekendgemaak dat hulle metaan op Mars gevind het.

Metaan is ‘n kleur- en reuklose gas wat as aanduiding kan wees van lewe op Mars. Die gas is gewoonlik ‘n neweproduk van een of ander vorm van lewe. In die verband word dit ook as beduidend beskou dat die gas naby waterdamp gevind word op die planeet.

Metaan kan ook ontwikkel weens geologiese aktiwiteit. In Suid-Afrika ontwikkel dit by myne.

Wetenskaplikes weet nie wat verantwoordelik is vir die metaan op Mars nie.