Marie Curie se notaboeke, wat radioaktief is, word in die Bibliothèque Nationale in Frankryk in ’n doos bewaar wat met lood uitgevoer is. Haar lyk is ook radioaktief en haar kis ook met lood uitgevoer. Sy en haar notas sal vir meer as 1 500 jaar radioaktief bly.

As jy nie weet wie Marie Curie is nie. 👀

Sy was ’n Franse fisikus en chemikus, gebore in Pole, wat baanbrekerswerk gedoen het oor radioaktiwiteit. Sy was die eerste vrou wat ’n Nobelprys gewen het, die eerste persoon en enigste vrou wat dit twee keer ontvang het en die enigste persoon wat ’n Nobelprys vir twee verskillende wetenskappe ontvang het; die Nobelprys vir fisika (1903) en die Nobelprys vir chemie (1911).

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar