Een van Afrika se grootste skatte, die Mapungubwe-goudversameling is in die 1930’s naby die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe ontdek. Die versameling, wat uit die 13de eeu dateer, sal later vanjaar in die Javett Kunssentrum aan die Universiteit van Pretoria (Javett-UP) te sien wees.
Die universiteit het die uitgrawings gelei van grafte op die heuwel van Mapungubwe, waar die getuienis van ‘n vroeë Middeleeuse beskawing die Apartheidsgeskiedenis op sy neus laat kyk het.
Die vonds, wat die bekende klein vet vergulde renoster van Mapungubwe insluit, word beskryf as die “kroonjuwele” van Suid-Afrika.
(foto © Universiteit van Pretoria)
