Die “kroonjuwele” van Suid-Afrika

Een van Afrika se grootste skatte, die Mapungubwe-goudversameling is in die 1930’s naby die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe ontdek. Die versameling, wat uit die 13de eeu dateer, sal later vanjaar in die Javett Kunssentrum aan die Universiteit van Pretoria (Javett-UP) te sien wees. Die universiteit het die uitgrawings gelei van grafte op die heuwel […]