In Minnesota, Amerika, het die polisie ‘n 47-jarige man in ‘n gholfkarretjie voorgekeer op ‘n hoofweg. Hy was op pad huis toe na ‘n potjie gholf by die Kettle Hills Gholfbaan.
Toe die polisie hom die eerste keer gewaar en die sirene aansit het hy gereageer deur vir hulle te waai. Toe hy beveel word om af trek het hy dit gedoen, maar het bly voortry op die skouer van die pad. Met die polisie agter hom het hy boonop oor ‘n stopstraat gery.
Hy is uiteindelik tot stilstand gebring. Sy oë was bloedbelope, sy spraak onduidelik, die gholfkarretjie vol leë bierblikkies en hy het erken dat hy by die gholfbaan gedrink het. Hy ontken dat hy dronk was.
Die man word aangekla vir drink en bestuur.
