Die meeste mense se nuwejaarsvoornemens lê by die tyd aan skerwe. Meeste hiervan was dinge soos “Kry meer oefening!”, “Sluit aan by die gym!”, “Verloor gewig!“, “Gaan stap gereeld!” of vir diegene wat kansgesien het vir meer: “Draf elke week!”. Wat min van ons weet is dat daar ‘n baie makliker, en ek moet byvoeg lekkerder, manier is om oefening te kry en gewig te verloor. Klim net in die bed.
Natuurlik nie alleen nie, want hierdie tipe oefening is niks anders as ‘n stomende sessie seks nie. Dis mos al keer op keer bewys, seks is goed vir jou fisiese sowel as psigiese welstand. Diegene wat nou daaraan dink om die treadmill saam met sy vrou vir ‘n jong bokkie in te ruil moet maar net daar stop, in alle opsigte is seks binne ‘n monogame, stabiele verhouding beter vir jou as ‘n los gelukkie.
So wat is die voordele? Verskeie, maar die nommer een op ons lys is mos altyd GEWIGSVERLIES. By die tyd weet jy reeds kitsdieëte is tydmors en om gewig te verloor op ‘n oefenfiets is niks anders as ‘n pyn nie. Net 30 minute se seks verbrand 200 kalorieë. Boonop sorg dit vir ‘n beter spiertonus en dan baat jou hart en longe ook daarby.
Het jy geweet seks is ‘n natuurlike PYNSTILLER? Voor jy volgende keer sê jy het hoofpyn, dink gerus daaraan dat jy juis dan moet seks hê. Menstruele krampe en rugpyn word ook verlig deur seks. Die beste van als is dat die verligting reeds met die voorspel begin.
STRES is ongelukkig deel van ons daaglikse roetine. Seks help nie net om stres te verlig nie, maar ook om dit beter te kan hanteer. Dit skep ‘n gevoel van warmte en hou ons ontspanne vir langer.
Jy verhoog jou IMMUNITEIT met seks. Dit is ‘n natuurlike manier om verkoues en griep weg te hou. Seksueel aktiewe persone vat heelwat minder siekverlof.
Ons het reeds gesien dat jou HART baat by meer seks. Seks help boonop om cholesterol te verlaag, wat jou kanse op ‘n hartaanval heelwat verminder.
Enige stabiele VERHOUDING word versterk deur seks. Konstante seks wat aan albei van julle plesier verskaf sal die band tussen julle versterk en ‘n gevoel van intimiteit en nabyheid skep. Geen wonder dan dat seks jou ook beter oor jouself en jou maat laat voel nie.
Enige vorm van seks, selfs masturbasie, help jou om beter te SLAAP.
Dit is nie sonder rede dat mense dink ons lyk om een of ander rede goed wanneer ons seks gehad het nie. Volgens navorsing laat seks jou hare blink, vel gloei en oë skitter. Jy lyk en voel sommer JONGER en dit laat jou smag na meer seks. Wat ‘n wonderlike kringloop.
Reeds met die voorspel tot seks sal enige depressie en angs verlig word en jou in ‘n positiewe GEMOEDSTOESTAND plaas.
Terwyl vrouens langer LEEF as mans kan twee orgasmes ‘n week ‘n man se kanse met 50% verminder om dood te gaan teenoor die wat slegs een orgasme per week het.
Vrouens wat nog nooit kinders gehad het nie baat weer deurdat gereelde seksuele aktiwiteit hul kanse op BORSKANKER verminder.
Verder is mans se kanse op PROSTAATKANKER heelwat minder en vrouens se kanse om ENDOMETRIOSE te ontwikkel. Dit help ook VRUGBAARHEID aan by vrouens.
Nou kan jy nie meer twyfel oor die gesondheidsvoordele van gereelde seks binne ‘n stabiele verhouding nie. Oefening is wel baie belangrik vir ons liggame, maar aangesien meeste van ons so sukkel om daarmee aan te hou kan ons van nou af ‘n punt daarvan maak om meer seks te hê. Die kanse is goed dat dit een nuwejaarsvoorneme is wat jy nie sommer sal opgee nie.
Vir mediese raad oor jou sekslewe en gesondheid besoek www.boererate.com.
(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});

Ek was 18 jaar gewees toe ek in ´n motorongeluk was. Ek is nou 25. Ek is verlam en in ´n rolstoel, ´n kwadrupleeg. Ek kry min ´n ereksie, en indien wel is dit nie nie sterk of lank genoeg nie. Ek het net nog 1 keer ´n orgasme gehad, so 2 jaar terug. Ek het ´n maand terug die 2de keer sedert 1997 gemasturbeer, maar na ´n laaaaang ruk kon ek nie ´n orgasme kry nie. Wat ek wil weet: Is daar iets wat werk vir impotensie? Ek het al 100 mg viagra gebruik maar dit werk nie 100% nie. Van die ongeluk af het ek nooit ´n meisie gehad nie en ek glo nie ek sal eendag vrou vat nie, dit maak mens te depressief. Ek sou ook ´n gesonde sekslewe en kinders wou hê, maar dit lyk of my probleem gaan bly.
Die feit dat jy wel ´n ereksie kry is vir my ´n goeie teken en skep die moontlikheid dat daar wel ´n vorm van penetrasie kan plaasvind. Waartoe jy presies in staat is sal jy moet bevestig met ´n mediese praktisyn.
Seks is veel meer as ´n stywe penis. Daar is ´n oneindige hoeveelheid ander maniere waarop mense seksuele genot vind. My voorstel aan jou is om jou toestand en ervaring te deel op forums / kletskamers waar kwadrupleë die onderwerp bespreek. Jy sal heel moontlik baie kan leer uit ander se ervaring.
Ek sou nie sommer so opgee op vrouens as ek jy is nie. Ek sou nie verbaas wees as jou pot se deksel iewers daar buite is nie.