MIV-malheid

Dr. David Rasnick is ´n Amerikaner wat dien op Suid-Afrika se president Thabo Mbeki se MIV/VIGSpaneel. Rasnick is een van die persone wat aanvoer dat MIV nie VIGS veroorsaak nie. Om sy teorie te bewys het hy onderneem om hom met die virus in te spuit en het hy een van sy kritici, prof. Philip Machanick van die Universiteit van die Witwatersrand, uitgedaag om hom met kombinasieterapie te behandel. Rasnick is sterk gekant teen die gebruik van hierdie tipe behandeling. Machanick het die uitdaging aanvaar.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar