Moeti ons vang nie

Die polisie het drie mans gister in Irene, Pretoria, afgetrek omdat hulle oor ‘n verkeerslig gery het. Daar was ‘n verskeidenheid kruie en ander plante om hulle lywe gebind en hulle was na bewering gewapen.

Daar word vermoed dat hulle op pad was om iewers ‘n misdaad te pleeg.

Die moeti is veronderstel om hulle teen die polisie te beskerm.

Dis dalk tyd om ‘n ander toordokter te gaan spreek of dalk Harry Potter se invisibility cloak te leen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply