MRK-makietie

Die Media-moniteringsprojek (MMP), wie se navorsing gebruik is in ´n verslag vir die Menseregtekommissie (MRK) oor beweerde rassisme in die media, het hulle verlede week in ´n verrassende wending onttrek aan aanstaande week se mediaverhore in Johannesburg – selfs al sou die MRK hul dagvaardigings terugtrek.

Die MMP het die MRK daarvan beskuldig dat die instansie hulle bevindings gewaninterpreteer het, misbruik het, afbreek gedoen het aan hul navorsingsgeloofwaardigheid, hulle in die verleentheid gestel het en vrye akademiese navorsing in Suid-Afrika in gedrang gebring het.

Daar word ´n gevaarlike presedent geskep deur die redakteurs van publikasies te dwing om die inhoud van hul publikasies voor ´n tribunaal te regverdig. Dit alles begin vir ons na sensuur ruik. Ons eie geskiedenis het ons geleer dat sensuur nie by die regering begin nie, maar by organisasies wat dan nou “bekommerd” sou wees oor die stand van sake. Die redenasies wat hiermee gepaard gaan het ons al almal gehoor. Daar was onlangs die Komitee vir die verwydering van rassisme uit handboeke. Hulle het gelukkig ´n vroeë dood gesterf toe die Afrikaanse Skrywersgilde hulle by die UWK gekonfronteer het.

Gaan ons probleme nou regtig opgelos word deur die draers van slegte nuus voor die hof te daag en te probeer muilband.

Lewer kommentaar

Leave a Reply