Malawi se president, Bakili Muluzi, het beveel dat die vloot van nuwe Mercedes Benz limousines van die land se ministers verkoop moet word en dat die geld aangewend moet word om armoede te verlig.
Die motors is sowat R20 miljoen werd. Volgens Muluzi kan hulle van hul ou motors gebruik maak. Muluzi het ook aangekondig dat hy sy kabinet gaan verander na aanklagte van korrupsie teen sekere ministers.
