U2 The Best of 1990 – 2000

Die tweede volume van U2 se Best of-versameling word in November deur Interscope Records uitgegee.

U2 The Best of 1990 – 2000 dek die jare 1990 tot 2000 en bevat 16 snitte wat die hoogtepunte is van “Achtung Baby”, “Zooropa”, “Passengers: Original Soundtracks 1”, “Pop” en “All That You Can’t Leave Behind”. Twee splinternuwe is ook opgeneem vir die nuwe album. “Electrical Storm” sal moontlik die eerste kortspeler wees en “The Hands That Built America” sal in Martin Scorcese se nuwe film The Gangs of New York te hoor wees. Daar is ook verwerkte weergawes van “Discotheque”, “Gone”, “Numb” en “Staring At The Sun” op die album.

Die liedjies op die album is:

1. Even Better Than The Real Thing
2. Mysterious Ways
3. Beautiful Day
4. Electrical Storm (William Orbit Mix)
5. One
6. Miss Sarajevo
7. Stay (Faraway, So Close!)
8. Stuck in a Moment You Can’t Get Out Of
9. Gone (nuwe mix)
10. Until The End Of The World
11. The Hands That Built America
12. Discotheque (nuwe mix)
13. Hold Me, Thrill Me, Kiss Me, Kill Me
14. Staring At The Sun (nuwe mix)
15. Numb (nuwe mix)
16. The First Time

Die 90’s was ‘n tydperk van herontdekking en eksperimentering vir U2. Dit is duidelik op die album dat die groep nuwe tegnologie met ope arms verwelkom het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply