Namibië op oorlogspad

Die Nasionale Vereniging vir Menseregte in Namibië beweer dat daar meer as 3 000 Namibiese soldate in Angola is ter ondersteuning van die Angolese regering teen UNITA.

Volgens die NVM het die soldate die grens by Musese, 140km wes van Rundu, oorgesteek op die twintigste September met die opdrag shoot to kill. Blykbaar was hulle reeds betrokke in ´n skermutseling met die rebelle.

President Sam Nujoma van Namibië is tans die voorsitter van die Suidelike-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat hulle beywer vir vrede eerder as oorlog in die area.

Lewer kommentaar

Leave a Reply