Minister Steve Tshwete het ook verlede week bekend gemaak dat slegs 1411 van die 3686 verhoorafwagtendes wat verlede jaar ontsnap het weer opgespoor is.
Die meeste het ontsnap deur by toiletvensters uit te klim, by oop seldeure uit te loop en sommige is per ongeluk vrygelaat. Ander het ontsnap deur ´n rumoer te veroorsaak en deur die gevolgde verwarring uit te glip. Dan is daar die kragreuse wat bloot ´n gat in die muur gekap het en die pad gevat het. Hier en daar was ´n James Bond wat daarin kon slaag om met ´n stukkie draad die deure na vryheid oop te sluit.
