Nelson Mandela, 1918 – 2013

Nelson Mandela, die man wat Suid-Afrika en al sy mense bevry het, is oorlede in die ouderdom van 95 jaar.

Hy was ‘n beskeie man wat deur ‘n onregverdige stelsel in ‘n revolusionêre stryder verander is. Hy het sy lewe gewy aan hierdie stryd, 27 jaar daarvan in die tronk. En ten spyte van die Apartheid regime en onderdrukking, kon niemand hom ontneem van sy trots, waardigheid, integriteit en sin vir geregtigheid nie.

Nelson Mandela
Nelson Mandela

(foto Nelson Mandela Foundation)

Lewer kommentaar

Leave a Reply