Net swart sakelui toegelaat

‘n Nuwe wet tree vandag (1 Maart) in werking in Zimbabwe wat bepaal dat net swart burgerlikes besighede mag beheer.

Hierdie wet kom te midde van ‘n ekonomie wat reeds sukkel om te herstel.

President Robert Mugabe laat hom egter nie onderkry nie. Hy het die afgelope naweek sy 86ste verjaarsdagpartyjie gevier – sy verjaarsdag is 21 Februarie. Die weelderige opskop het volgens bronne omtrent R3 850 000 gekos.

Lewer kommentaar

Leave a Reply