Die RSG-plaasvervanger vir Niekie van den Berg is bekend. Hy is Ian Wessels, voormalige staatsaanklaer, regsadviseur en ag jaar lank uitsaaier by Radio Helderberg voor hy ‘n bestuursposisies by OFM aanvaar het.
Wessels sal van 4 Mei af agter die mikrofoon inskuif by RSG. Hy sal weeksdae die gleuf tussen 12:00 en 15:00 behartig, met die inbelprogram van 14:00 tot 14:45. Die nuwe inbelprogram se naam is nog nie bekend nie.
