In die land van elektroniese kaarte kraai Google koning. Selfs op jou selfoon is Google Maps meer handig in Suid-Afrika as Microsoft se Bing Maps of Nokia se Ovi Maps. Die prentjie kan egter anders lyk in 2011, want Nokia het aangekondig dat hulle plaaslike verkeersinligting beskikbaar gaan stel vir meeste selfone wat die Symbian bedryfstelsel gebruik. Sommige mense sal beslis van Google en Bing weggelok word met so ’n aanbieding.
Volgens Nokia kan ons die nuwe diens vroeg volgende jaar verwag.
