deur Alexander Carte
Of ek nou daarvan hou of nie, my naam is ingesluit op dosyne databasisse. Moderne bemarking is afhanklik daarvan om spesifieke groepe te identifiseer. Iemand wat ’n ou soos ek wil target sal ’n lys kan koop wat heel waarskynlik my naam en adres sal bevat.
Kredietburo’s weet hoe ek daagliks met my finansiële verantwoordelikhede omgaan.
Die feit dat ek ’n spesifieke koerant lees is ’n nuttige stukkie inligting m.b.t. tot my politieke oortuiginge. Amazon weet watter tipe boeke ek graag koop. Die regering weet ek is ’n wettige burger in die land wat binne ’n sekere inkomstegroep val en my mediese fonds en versekeraar weet dat my bloeddruk fluktueer. My vriende weet watter tyd is koffie tyd en weet ook dat ek ’n oggend mens is en min mense weet of ek opreg happy is of net voorgee om te wees.
Daar is ’n groot verskil tussen om van iemand te weet of om daardie persoon te ken. Ons ken onsself nie eers behoorlik nie-ons diepste dryfvere en emosies en soms besef ek ken nie eens ons geliefdes of naaste vriende nie.
En so ook-weet ons dalk ’n klomp goed van God op die basis van sy openbaring van inligting uit die bybel verkry.
Maar die vraag is:
Ken ons hom werklik of weet ons net dinge van hom?
As Alexander Carte bepeins ek dit.

Lewer kommentaar

Leave a Reply