1873
Die komponis William Henry Bell word in St. Albans, Engeland, gebore. Hy was die eerste musiekprofessor aan die Universiteit van Kaapstad en een van die belangrikste Suid-Afrikaanse komponiste.
1923
Adolphe Pégond word die eerste persoon om met ’n valskerm uit ’n vliegtuig te spring.
1977
Die Amerikaanse ruimtetuig Voyager I word gelanseer na Jupiter en Saturnus. Daarna word dit die eerste mensgemaakte voorwerp om ons sonnestelsel te verlaat.
