1930

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) word gestig.

Die spoorweë het ’n groot rol gespeel in die stigting van die ATKV. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë was deurgaans Engels en oorheers deur Engelse amptenare. Op daardie stadium het die spoorweë ’n heenkome geword vir talle arm, ongeskoolde Afrikaanssprekendes. Die ATKV word uiteindelik gestig in die raadsaal van die Spoorweghoofkantoor in Kaapstad.

Lewer kommentaar

Leave a Reply