Die atleet Oscar Pistorius is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy meisie doodgeskiet het. Luidens gerugte wou sy hom verras vir Valentynsdag toe hy haar vir ‘n inbreker aangesien het; ander gerugte wil dit hê dat daar gisteraand ‘n rusie by Pistorius se huis was. Hierdie gerugte kan egter nie gesien word as meer as bespiegelings op die stadium nie.
Pistorius het haar glo in die kop en arm geskiet en sy is op die toneel dood.
