‘n Polisieman van Kwazulu-Natal, Judia Ntuli (30), het Vrydag by ‘n funksie vir kinderregte drie van sy mede polisielede geskiet. Daarna is hy na ‘n plaaslike hoërskool waar hy die vermeende verkragter van sy driejarige dogter geskiet het. Hy het toe na sy huis gery waar hy homself in die kop geskiet het.
Net Ntuli en een van die drie polisiemanne het die dag oorleef. Hulle is beide in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.
