Stroeslove is ‘n kostelike aanbieding van die liefde in tsotsi-afrikaans. Belia, sangeres van Porterville, doen uittreksels uit die boek Die poems ennie songs soos geskryf deur Frans van Rensburg. Die vertoning bied interessante interaksie tussen musiek en poësie met ‘n tikkie andersheid.
Met Bram Potgieter op klavier en Belia agter die mikrofoon kan jy net agteroorsit en geniet!Songs soos My Dear, Kannas vi Anna, Die Weddingsong ens. gryp ritme vas, terwyl Tsvangerai jou met deernis laat. Die gedigte is hoofsaaklik in Afrikaans en tsotsi-afrikaans, wat ander tale ook insluit.
