Perd van ‘n ander lengte

ShortyRedbridge is in Southampton in Engeland. Hampshire se brandweer, wat die area bedien, is nou al moeg van Shorty die ponie. Hulle word gereeld gebel deur mense wat besorg is oor ‘n perd wat in die modder vassit. As hulle daar kom is dit net Shorty. Shorty is ‘n kruis tussen ‘n Shetland en ‘n New Forest ponie. Op ‘n afstand lyk hy soos ‘n normale perd wat tot by sy knieë in die modder weggesak het.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply