Die Nagtegaal dramaskryf werkswinkel

Voornemende dramaturge word uitgenooi vir hierdie slypskool oor twee dae by die ABSA KKNK. Intensiewe skryf- besprekingsessies word aangebied deur Hennie van Greunen en Nico Luwes. Twee produksies word bygewoon, naamlik Sakrament deur Willem Anker, ‘n debuutproduksie by die Absa KKNK, en Die Naaimasjien deur Rachelle Greeff. Laasgenoemde is aangewys as die wenner van die Nagtegaal teksprys-kompetisie 2008. Die sameroeper van die Kunstekabinet, Kobus Burger asook die uitvoerende hoof van die KKNK, Brett Pyper verduidelik die keuringsproses vir deelname by die Absa KKNK. Vir navrae i.v.m. met inskrywings vir die slypskool skakel gerus vir Bev Maritz by 021 521 2000 of kontak haar by bev@joho.co.za.

Venue: Suid-Kaap Kollege, kamer 28
Datum: 6 & 7 April heeldag
Koste: R80.00

KKNK 2009

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar