Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Met: Leonardo DiCaprio, Kate Winslet & Kathy Bates
Regisseur: Sam Mendes
Revolutionary Road speel elke dag af dwarsoor die wêreld. Die jong, kreatiewe paartjie wat trou sien hulself as spesiaal, anders as almal. Hulle is bereid om hul lewens op te offer aan hoër ideale. Dan begin die ideale uitrafel tussen werk en kinders.
Regisseur Sam Mendes slaag baie goed daarin om die gevoel van Richard Yates se boek oor te dra. Jy voel hoe die ongelukkige paartjie stadig verdrink in hul ontevredenheid met die lewe.
Leonardo DiCaprio en Kate Winslet (wat met Mendes getroud is) speel beide kliphard saam en komplimenteer die regisseur se skote.
Ongelukkig pootjie die teks die akteurs en die film as geheel. Die klem op sinisme is so streng dat wanneer die spieël gedraai word in die hoofkarakters se gesigte, die oomblik heeltemal verlore raak vir die kyker. Hiervoor kan ons ook vir Mendes blameer. Hy fokus so op sy karakters se tronk, dat hy nalaat om die kamera te draai na die buitewêreld te draai. Of miskien was dit die idee, ‘n film waarmee ‘n aktrise ‘n Oscar kan wen.
Die film gaan al wat ‘n swartgallige persoon is net meer rede gee om te kerm en kla. Beslis nie vir depressiewe persone.
6 / 10