Kyk hoe lyk ons nou

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Chris Chameleon het `n nuwe Afrikaanse solo album uitgereik met die titel: Kyk hoe lyk ons Nou. Die titel van die nuwe CD is ook die naam van `n nuwe televisiereeks van 4 episodes wat in 2009 op kykNET uitgesaai gaan word.

Chris Chameleon is deur kykNET genader om die aanbieder te wees van ‘n dokumentêre programreeks Kyk hoe lyk ons nou … . In die reeks reis Chris en die kameraspan deur Suid-Afrika en kyk na die Afrikaanse Taalgemeenskap se dink, doen en sê. Die vervaardiger van die program het gevra of Chris ook `n temaliedjie vir die reeks sal skryf. Chris het met soveel inspirasie en nuwe deuntjies in sy kop van die reise teruggekeer dat dit tot `n hele nuwe album gelei het.

Chris het verder uitgebrei as bloot die tema van die reeks en het Kyk Hoe Lyk Ons Nou ook op persoonlike vlak verken. Kyk Hoe Lyk Ons Nou in taal, verhoudings, begeertes, geestelik en feestelik.

Chris het homself heelwat meer tyd gegun met die opname van Kyk hoe lyk ons Nou as met sy vorige albums. Chris en sy musikale regisseur, Theo Crous, het met `n vernuwende klank vorendag gekom. Chris Chameleon se eerste drie Afrikaanse solo albums het almal klankgewys `n noue kontinuiteit gevorm. Met Kyk hoe lyk ons Nou het ‘n voller, sterker en ryker klank ontwikkel, maar die kenmerkende intimiteit van Chris se werk het behoue gebly.

Kyk hoe lyk ons nouKoop / Buy Kyk hoe lyk ons nou

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar