Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Die kar is gepak. Jaap het die olie ge-check, Rina se frikkadelle en eiers is ook in. Magiel moet net nog ‘n draai gaan loop; dan is hulle weg.
Die Van Wyks is op pad na die Voortrekkermonument om die son deur die gaatjie te sien skyn op die woorde “Ons vir jou, Suid-Afrika”. Maar die pad is glad nie so reguit nie en die tolgeld veel hoër as wat hulle verwag het.
Deur middel van musiek, mimiek, fisieke teater, komedie en toneelspel vermaak Jacques van Jaarsveld jou met die storie van die Van Wyks se tog na die monument. Op die reis saam met hom vind jy uit of jy in Beheer is van jou emosies.
Van Jaarsveld vertolk 16 rolle. Dis moeilik om te glo dit is eenmansteater.
